Saturday, November 9, 2019

2 meses de Valencia ♡


Hello almal

Kan nie glo dis al 2 maande wat ek hier is nie, voel of ek al maande hier is - beslis nie of ek net hier is vir "vakansie / op 'n sabatical" nie.  Hopelik is dit 'n teken dat ek hier gaan wees vir BAIE lank !!!!

Ek het nou eers my 5 km stap in Turia (baie mooi park wat in die ou tyd 'n rivier was en om stad gaan) gehad, en dit op 'n Saterdagoggend !!!  Valencia is beslis goed vir my gesondheid, stap baie en drink baie min - en nou jok ek nie !!!!  En dit pla my glad nie, hopelik is ek nou in die gesonde fase van my lewe ☺

Dit voel nogals weird om nou weer 'n "gewone" naweek te - elke naweek uitgesien na rugby. En het ons nie lekka by die finals gekuier nie, dit was rerig 'n dag om te onthou.  Toe ek half 10 by die irish pub aankom, was dit al gepak.  Ons het toe maar gestaan en in hele game omtrent nerens beweeg nie, want dan is jy jou plek kwyt.  In die begin het ek maar probeer om nie te excited te raak nie, want ons was seker 15 suid-afrikaners en 100de engelse - gelukkig het hulle al stiller geraak en toe kon ons klomp maar skreeu, was baie lekker feeling gewees. Na die rugby het ons natuurlik vreeslik fotos geneem en tekere gegaan, later is Shirley en ek en Anastacia af stad toe en het gaan tapas eet. Daarna na 'n boat show onder in die hawe. Ons het natuurlik nog soos regte springbok supporters gelyk en mense het omtrent gecomment oor ons wen en fotos geneem, soos regte celebs gevoel 😃 Die aand het ons by 'n ander plek gaan eet en toe ek laataand hier voor flat stap, het so 'n spaanse omie in baie gebroke engels nog "congratulations" gese.

Dinsdagaand was ek by Sylvia se 60ste, het ook eers hier gesit en wonder of ek moet gaan - jul wat my ken weet ek hou nie van in week uitgaan nie.  Wel ek is toe soontoe en het ons lekka gekuier in die mexican restaurant, die waiter kon nie voorbly met die jugs margaritas nie! Het baie nice mense ontmoet, half 1 die nag het ons nog met die verlamde girl tot by haar flat gestap en ek het op 'n manier weer by my blyplek uitgekom, gelukkig hoef ek nie vroeg woensdag op te gestaan het nie!

Gisteraand het 'n paar van ons na "Hotel Havana" show gaan kyk, dis 'n cuban groep wat hier toer en so soort van cirque de soleil waar hul sing en dans en in lug rond swaai.  Almal is natuurlik baie sexy en swaai hul lywe - ek het net so nou en dan 'n P laat val toe hul in lug tekere gaan - en sonder 'n veiligheidsnet!!!!

Vanaand gaan ons spaanse klas weer vir ons maandelikse kuier, gelukkig is die restaurant hier in Ruzufa so ek hoef nie bus te probeer uitfigure nie.  Ek het Woensdag na 'n nuwe student gegaan en dis in 'n area waar ek nog nooit was nie, ook direk na die ander kinders se lesse, so besluit om taxi soontoe te vat.  Daar aangekom is dit toe sulke groot blokke wat my aan 'n tipe parow park (duiwehokke in die 80's) laat dink. Het probeer vra of iemand weet waar dit is, maar niks nie.  Toe vir die man 'n boodskap gestuur en gese ek wag voor blok, hy my gevra om foto te stuur waar ek is en toe kom sy pa vir my haal.  Was baie impressed met die ou spaanse omie, want hy kan sowaar 'n paar engelse woorde praat. Die sussie van 8 het seker nog nooit van engels gehoor nie, dalk nog 'n kandidaat vir my!

Dis nou vir eers al van my, gaan nou bietjie siesta (dink dis hoekom ek so lekka hier aanpas!) en dan engelse lesse vir week doen en dan regmaak vir vanaand.

Alles wat mooi is in sunny SA en sien jul oor 'n maand!





































Wednesday, October 23, 2019

Time flies when you having fun !!!!


Kan nie glo ek het 2 weke laas iets geskryf nie, nee jinne ek sal my gat in rat moet kry!!!

Hier het darem nie te veel gebeur nie so dit sal gou vat om op te vang 😊

Is net die laaste week of so DRUK besig om my visa te probeer uitsort, maar na baie heen en weer lyk dit of ek sal moet huis toe kom om nuwe visa te kry, 'n toeriste visa kan nie verleng word nie  😢 En elk geval, om die kaartjie te verander sou net soveel soos 'n nuwe kaartjie gekos het - al het die girlkie by Flight Centre my verseker dit kos net 100 dollar om te verander.  Ek het Maandag 'n email van hulle gekry om te se dat die tyd wat ek vlieg verander het, ek se toe vir haar dankie, maar sy moet sommer kyk om die vlug te verander na 20 Desember.  Laat weet toe daar is 'n vlug en dit sal R8800 kos om te verander - ek het amper 'n klontjie gekry!!!! Se toe vir haar dis onmoontlik, hul het gese dit sal 100 dollars wees, maar sy se net dit sluit dan al die airport taxes en al daai k@k in so dit is hoeveel dit is.  Hoef seker nie te se dat ek nou wel op 3 Desember gaan vlieg nie .....

Gaan nou vir 'n study visa aansoek doen, dis darem vir ses maande en as ek brief van spaanse skool kry en my host waar ek bly sal dit hopelik help.

En was BAIE bly laaaaas Dinsdag toe DHL my bankkaarte kom aflewer, nou mag ek weer shop!

In die week is dit maar stil hier en al soort van in 'n roetine met spaanse klasse en pilates en engelse lesse, saans Netflix ek - kyk darem nou al na die series in spaans (darem met engelse subtitles).  En luister na spaanse radio, so begin darem al 'n paar woorde herken.  Het so Babbel app ook afgelaai en dit help nogals baie, ek glo ek sal voor einde van 2020 vlot in spaans wees 😄

Die naweek was ook lekker, ek het Saterdagaand vir my 2 spaanse kinners oxtail gemaak - compliments aan Christene, dit het baie lekka uitgekom.  Sy het vir my fotos van die resep gestuur en ek het lysie gemaak (met spaanse name by natuurlik) en het gaan shop, kon gelukkig meeste goed by die een winkel kry.  Maria Jose kon nie saam eet nie nie, want hul het 'n ander party aangehad, maar sy en haar dogter het Sondag van dit geeet en was baie impressed.  Volgende het ek gese sal ek bobotie maak - sal weer met woordeboek moet sit eers, maar Daniella eintlik meer lus vir tamatiebredie, so dalk gaan dit volgende wees.  Die weer raak ook nou reg vir sulke lekka winterskos, gister het dit seker heeldag gereen, vandag lyk dit nog grou maar nie nat nie en mens kan voel dit raak kouer ook.

O ja, Sondag het dit ook gereen maar darem nie te hard nie en ek het afgesit na Irish Pub vir rugby.  Gaan sit so ewe mooi langs die bar en skielik hoor ek iemand afrikaans praat, was dit nou 'n lekka feeling !!!!! Dis toe paar boere van Oos-Kaap wat hier is vir 'n sitrus konferensie in Madrid en net 2 dae hier gebly het.  En toe is daar nog 'n ander oulike vrou, sy kom in met 'n Springbok hemp aan en ek het sommer dadelik van haar gehou.  Sy werk by MSC Shipping en is al van 2005 af hier.  So my vriendekring brei mooi uit. O ja, die bar girl ook van Kaap, het saam met Damian de A skoolgegaan.  Sondag sal ons seker weer daar gaan sit, dalk maak ek nog vriende 😄

Nou ja, dis eers al vir nou, tyd vir spaanse huiswerk en vir aandete is dit 'n take-away paella van El Rubio, so lekka kosplek hier naby.  Op 'n Woensdag is dit net 2.75 euro vir 'n porsie en dis oorgenoeg vir my.

  winkels is reg vir Xmas






  My nuwe vriendin Shelley
   my spaans kom aan!













Wednesday, October 9, 2019

1 Maand Anniversary de Valencia


Sjoe en was hierdie 1 maand nie een sonder 'n dull moment nie - dis verseker!!!  Aan hierdie kant van die water word memories gemaak wat ek nog eendag vir my kleinkinders gaan vertel 😃

Vandag is 'n vakansiedag hier want dit is Valencia se verjaarsdag - net ons in die stad het 'n af dag, die res van Espanol moet werk - nogals weird dink ek.  En die mense sluit dit mooi af met 'n "BANG" - sal kyk of ek video hier kan laai, want kry dit nie op FB nie.  Van 1 Oktober af skiet hul al elke aand fireworks om in die mood te kom, gisteraand was die groot show onder by die Turia (was eers 'n groot rivier reg om die stad wat hul toe in 'n groot park verander het). Ek het saam met die youngsters gaan uiteet en toe is ons nie lus om af te stap nie, kon in elk geval elke geluid hoor - dit het 12 uur begin en 20 oor 12 opgehou, kan nie glo dat huidjie en meidjie so van 'n klapper / geraas hou nie - en hier is BAIE honde en klein kindertjies en dit is glad nie 'n issue nie.  Vandag het natuurlik die koek gevat, ons is almal af na die groot plein toe in stad en daar het die Mascleta so voor 2 begin en vir 6 minute aangehou, ek dink dis die grootste geraas wat ek al in my 52 jare beleef het, dis klink rerig soos die oordeelsdag, maar beslis iets om te beleef, bly ek kon dit ervaar.  Daarna het ons gaan lunch en toe natuurlik 'n bietjie siesta - is mos in espana !!!!

Met die spaanse klasse gaan dit ook goed, ons het baie fun en kry hopelik 'n paar woorde geleer tussen al die sports deur.

Probeer ook om nog 'n paar studente te kry wat wil engels leer, dis maar moeilik om erens in te kom, want hier is BAIE britte en ex teachers en dis natuurlik tot jou voordeel met ondervinding, maar glo ek sal nog 'n paar in my kraal kry.

Die weer begin ook nou bietjie koeler raak, dit is nog steeds so middel tot hoog 20s deur die dag, maar al wat 'n spanjaard is het hul baadjies en truie afgestof en soggens vroeg en saans lyk dit of hul koud kry - vir my is dit natuurlik heerlik, kan maar nog langer warm gebly het.

Hopelik kry ek my bank kaarte in die volgende week of 2, hou maar asb almal styf duime vas, dalk help dit !!!!

En dan moet ek eers koebaai se want het 'n date .....

   Saterdag se outing saam die girls



   Valencia Hawe





  Mascleta





   tapas


   nope kry nie die video reg nie








Wednesday, October 2, 2019

Wat 'n WEEK !!!!


En hier sit ek alweer, nog 'n week verby in Espana.  So baie goed het gebeur van vorige post, weet nie waar om te begin nie - laat ek maar by die begin beginne 😄

Ek is nou 'n Maestra de Ingles (english "teacher") wat 5 adults en 3 kinders engels leer, alles baie skielik gebeur. Obviously impress ek die mense, want as ek hulle die eerste keer ontmoet en bietjie praat se ek dat hulle moet confirm of die tyd en als van klas reg is, dan hoor ek wragtag weer van hul !!!  Die 3 kinders is baie oulik en neem al 'n paar jaar engels, so dis lekker om met hul te werk (die twee seuns is 10 en 12 en die sussie 13) pa en ma albei dokters en hul bly in so fancy apartment so 1km van my af - was vandag vir tweede les by hulle, so glo darem ek het die job daar. Die adults is 'n girl (Sonia) wat 29 is en besig is met haar honneurs in some business management iets, engels nie te hot nie maar glo sy sal vlot praat as ek met haar klaar is - sy kom 2 x week na my toe.  Dan is daar nog 2 (Irina en Albarro) waar ek vanoggend was, nogals met Metro soontoe gery vir eerste keer ooit hier, dis so 4 stoppe af - natuurlik eers na 'n tydjie besef ek is besig om in verkeerde rigting te ry!!!! Vra toe so mooi outjie of hy weet of die trein stop by daai stasie waantoe ek moet gaan, toe is hy ook natuurlik 'n foreigner en het nie 'n clue nie.  Ry toe maar weer trug na waar ek begin het en toe wys iemand anders vir my die regte koers om in te slaan - hopelik onthou ek dit nog volgende week! Het darem betyds by hulle uitgekom en hul het ook les 1 oorleef, ek het netnou huiswerk gestuur en hul se hul sien my weer volgende woensdag - so far so good.  Dan het ek nog Vrydagmiddag vir Raquel en Pedro - hul het so 'n tipe workshop / gallery wat pottery en ander kuns goed doen, lyk ook albei baie nice en wil meer engels leer.  Wel so nou het ek darem iets wat my uit die kwaad uit hou en hopelik is daar later nog 'n paar spanjaarde hier wat kan engels praat!

Donderdagaand was ek saam met 5 girls van Ruzufa Dinner Club by La Consentida vir drinks en tapas. Dit kos maar 1.50 euro vir 'n snack en 1.50 euro vir 'n glas wyn - MAAR die wyn is seker so 150 ml, nie 'n druppel meer nie !!! En die snacks is ook so bietjie groter as bite size. En almal net 1 glas gedrink, so was nie duur outing nie.  Oulike girls, almal onder 30 en bly darem al 'n bietjie langer hier, maar ons almal praat engels en dit gaan te lekker! Almal het natuurlik spaanse boyfriends (dink net die 1 girl is getroud) en wil net weet waar is my boyfriend - vir hul gese moet net bietjie kans gee, eers my klasse uitsort dan die love life ♡♡

Vrydagaand se outing met Over 40s Ladies was egter 'n disaster, want 1 of ander blixem het mos besluit om my beursie baie mooi saggies uit my handsak te steel!!!!  Ek en Laura (die ander amerikaanse vriendin) het met bus stad toe gery, want was moeg en sy was by strand die dag en baie warm.  Maar so halfpad af het hul al die busse gestop en moes ons stap, want die paaie was toegemaak, dink dit was daai Global Earth ietsie - hier was BAIE mense.  So stap ons 2 toe en by die plek gekom, gaan sit en toe ek glas wyn wou gaan koop, kry ek nerens my beursie nie !!!! En ek het nog vir ons bus betaal, so dit moes gebeur het terwyl ons gestap het.  En om een of ander rede het ek NIE my klein "uitgaan" beursie gevat nie - vat dit gewoonlik met net genoeg geld in - maar sommer die hele beursie met 80 euro kontant en bank kaarte en driver's licence !!!  Nou is dit ek en FNB want ek kon gelukkig dadelik op die banking app my kaarte kanselleer en niemand het dit gebruik nie, maar nou se hulle dit kan 7 - 14 dae vat om dit by my te kry, en dit nogals met die courier wat my ook R600 kos !!!  Ek het vir die vrou verduidelik dat ek huur moet betaal en die spaanse skool en natuurlik bietjie moet eet en drink ook, en pilates! Daar moet tog 'n manier wees om die kaarte vinniger by my te kry, ek glo Noag se ark sou dit gouer kon bring !!!!  'n Skoolpel wat hogerig in FNB is gaan more probeer help / knoppe druk - hou asb duimvas want dis niks lekker om so te sit nie, ek darem baie gewoond geraak aan elke dag se swipe !!!!

Die vrouens wat die aand daar was was ook almal baie nice en van all over, maar ek was toe in effe k@k mood en nie geld gehad vir kos of wyn nie, net gesit en luister. Baie goed vir die figure!

Saterdag vroeg (?), dis nou so 10 uur, is ek toe polisie toe - hier is die setup so bietjie anders as by die huis.  Groot gebou en met my spaans verduidelik ek toe vir die mannetjie dat my beursie vorige aand gesteel is en ek saaknommer moet kry.  Het 'n tydjie gewag vir nog 'n offisier om my te help, want eintlik moes ek eers die Call Centre bel en dan gee hul 'n nommer en moet ek dit weer trugvat, maar hul is toe oor 'n naweek. Ek wag toe maar en toe hy my paspoort sien vertel hy dat hy laasjaar in SA was met vakansie en in kaap en kruger park en durban was en paar woorde geleer het - dit is toe "sawubona" - nou ek was baie impressed natuurlik want hy help my toe eers baie fluks.

Gelukkig het ek nog 4 euro in my klein beursie gehad (busgeld) wat toe Saterdag baie handig te pas kom en kon ek 'n radler by die Irish Pub drink en die rugby kyk.  Net 'n ander ou en ek was al van SA daar, dink die spul spanjaarde (weet nie wat hulle daar gesoek het nie!) het gedog ek is mal soos ek gecheer het.  Die 1 ou darem congratulations gese toe ek loop so hul weet seker van waar ek kom.

Saterdagdag middag het ek sit en lesplanne uitwerk vir die week - can you believe it!!!!  Dit is seker maar goed wat mense doen wat nie geld het nie - nie dat ek gewoonlik geld het nie, maar mens voel net beter as jy weet jy kan erens iets gaan doen.  En toe is dit natuurlik net mooi die naweek wat "my" 2 spaanse kinders vir die naweek in Barcelona gaan kuier het, so ek het rerig niemand anders gehad wat kon help nie - Lori (die eerste amerikaner) het aangebied, maar ek het te k@k gevoel en elk geval niks nodig gehad nie, gelukkig het ek altyd yoghurt en ryvitas en tuna hier, het niks meer nodig nie.

Was Sondag ook net rustig en ontdek toe vir Cable Girls op netflix - het omtrent gebinge Sondag en nou is ek al op Season 3!!!!

So ver gaan hierdie week goed, my landlady is saam met haar ma en pa (wat 91 en 93 is) na hul huis in die mountains toe.  Ek leer spaans en gee engels en kon darem gister weer by Malvarossa Beach stop want dit was 34 grade.

Nou eers tyd vir spaanse huiswerk en dan moet ek bietjie Cable.

En ek is seker daarvan iemand moet iets kan comment, dit kan nie so moeilik wees nie - ASB !!!!

 Irina en Alvaro

 skoon spaanse trein

  "my" stasie


  bietjie vitamine D by die see


 oppad spaans toe

 op pad om my beursie vir 'n gypsey te gee :(




































.

Wednesday, September 25, 2019

Nog 'n week verby !!!!


En so is ek al meer as 2 weke 'n Valenciana - voel of ek al baie lank hier bly - tot die mense begin praat en ek nie 'n clue het wat hulle se nie!!! Die spaanse klasse vorder goed, gister het daar 'n nuwe couple van Australia bygekom, maar die 2 russe was missing in action. Gelukkig is Chris van down under meer clued up as Neal van USSR - en hulle kan frans ook praat, so klink of dit dan bietjie help met die spaans. Maria (ons meastra) is ook baie nice en sy kry dit reg om my vir 2 ure besig te hou, maar teen einde raak dit nogal lank.  En dan kry ons huiswerk ook!!! Party van die goed kry darem gelukkig vatplek in my brein, maar ander (soos om te tel van 10 tot 20!) wil net nie vassit nie :(  maar ek glo dit gaan met tyd regkom. Ek praat darem al met mense in die winkels en die bus driver en met my landlady - nie seker of hul weet wat ek probeer se nie, maar dit lyk darem so.

Ons het toe Saterdag die rugby gaan kyk by St Patricks - Irish Pub hier onder in stad.  Dit was taamlik gepak, maar dink ons was net 5 bokke supporters - het maar baie low profile gehou, maar darem gecheer en geskree waar ek moes.  Hopelik is die volgende game beter !!!

Die weer is ook baie lekker nog, was gister 34 en dis hoekom ek toe moes strand toe na klas. Jul sien mos die fotos op FB - sal 'n paar hier onder ook bysit. Kan my le en verkyk aan die mense daar - dis alle shapes en sizes en nasies - en niemand voel 'n veer hoe hulle lyk nie.  Kan net nie heeltemal verstaan hoekom party van die vrouens topless tan nie - as hul mooi boobs het dalk, maar die meerderheid s'n hang baie naby aan hul naeltjies of is non existant.  Die water is lekker warm so elke nou en dan skraap ek my moed bymekaar en gaan koel af, gelukkig ken g'n mens my hier nie !!!

Het nog 'n vriendin gemaak - Laura van USA. Smaak my ek het trek daai nasie aan. Sy en haar man bly al van begin van jaar af hier, sy was meer as 30 jaar onderwyseres maar se hulle is weg want dit het te gevaarlik geraak daar, hul het in New Jersey gebly - sy se sy het baie van haar werk gehou, maar teen die einde was almal se familielid dood of 'n drug addict of iemand geskiet, baie traumaties. En Lori (my ander amerikaanse amiga) hul is ook weg uit amerika uit, want haar dogter was weer in dieselfde skool waar 'n 6 jarige dogtertjie 'n paar jaar gelede geskiet is.  En hul almal is baie happy hier en voel veilig.

Vrydagaand was ek by 'n dansklas wat 'n britse mannetjie gegee het, ek het meer gegaan om te kyk of nog mense kan ontmoet, maar in daai klas van 10 was ek die oudste, meeste was in hul 20's. En die meerderheid het dans ondervinding - veral Miss Belaruz wat heel voor gedans het en baie amper die klas oorgevat het !!! Die studio is lekker naby aan die huis, maar ek dink ek sal maar eerder by pilates bly.

Ek moet se ek geniet regtig die leefstyl hier - die mense begin eers na 9 soggens beweeg, maar my landlady slaap tot na 10 - moet darem se sy nog tot na 12 saans wakker, dan het ek al my 2de slaapsessie in!  Dit lyk ook of almal baie meer familievas is, veral naweke is dit gesinne wat rondloop / saam goed doen en mens sien baie couples, nie soos by die huis waar die meestal 'n spul vrouens is wat alleen gaan shop of lunch nie. En soggens sien mens baie pa's wat met die kinders skool toe stap, laat middag weer die oumas wat hul by skool gaan haal.

Ek het 'n goeie feeling dat ek hierdie week 'n paar engelse lesse gaan kry - sien vanmiddag 4 uur 2 girls wat op universiteit / kollege is en vanaand 'n vrou wat Daniella gereel het wat iemand soek vir haar doger van 12 en vrydag ook 2 adults hier naby wat wil leer engels praat.  Hou maar asb al jul duime vas !!!! Behoort aan 'n site waar mens ook adverteer en maak met baie mense kontak, maar dit lyk nie of die spanjaarde van "reply" verstaan nie!  Ek glo die jobbies sal deurkom.

Gaan moreaand saam met 'n paar vrouens uit eet - 9 uur !!!!  Dis so 'n expat Ladies Dinner Club wat ek aan behoort, darem nie ver van flat af nie en dalk is daar iemand nice, Vrydag aand is dit weer iets anders en ons gaan ook vir drinks erens.

Hoop jul geniet die blog en, as jul comments maak, skryf asb jul naam by. Adios amigos XXX


Spaanse polisie op strand.




Drinks by Convent Carmen





Mooi geboue en so 'n museum - en my spaanse familia - die voorste 2 :)



Omies sit en speel iets






Ingang na apartemento, bly op 2de vloer.






Monday, September 16, 2019

Week 1 - done and dusted !!!

 

Hier is my adres, net in geval iemand wil kom kuier - of jul wonder of ek rerig hier is :)

Kan nie glo ek is al vandag 'n week hier nie, time flies when you having fun!

Ek kan darem nou al hier in die omgewing begin stap en kry weer my pad trug na die apartemento toe - n dag of 3 gelede moes ek nog op google maps na directions luister, want ek is mos ERG rigting be%^%&$&^.  En wat ek ook uitgefigure het, partykeer raak die 1 straatnaam 'n ander een - Borja verduidelik dit is omdat daar, in die ou dae, tot op 'n punt gebou is en hul toe straatname gegee het.  'n Paar jaar later het daar toe nog dele ontwikkel en die paaie is langer gemaak - en toe besluit iemand slim om dit dan 'n nuwe naam te gee, can you believe it !!!  Maar nou maak dit vir my sin hoekom my straat se naam halfpad na iets anders  verander!  En die straatname sit ook bo teen mure, soms glad nie sigbaar nie.  Ek se net BAIE dankie vir my vriend google maps en dat sy so mooi met my praat en se hoe om te stap :)

Begin more met spaanse lesse, 2 x week.  Glo ek sal vlot spaans kan praat teen einde van die jaar!  Kan darem myself so soort van help in winkels as mense praat.  Darem al 'n spaanse series op netflix ook gekyk - al moes ek meestal die onderskrifte gelees het.  En kon darem nou die dag vir die cleaner hier ook se dat ek nie spaans kan praat nie, haar naam is Birginia (spaanse se nie V nie) en sy kom van Bulgary.  Baie bly dat sy hier is om die groot besige apartemento skoon te maak, ek sou lank al tou opgegooi het, want hier staan nog goed van 1970 af dink ek!

Het laas week ook met pilates begin - darem in engels, anders het ek nou nog op daai mat gele!  baie nice girl en gaan van die week af 2 x week vir klasse gaan.  Daniella het laas week saam gegaan vir moral support, maar woensdag sal ek dit op my eie aanpak.

Naweek was lekker rustig, ons het Saterdag stad toe gestap en lunch by GoGreen gehad, gelukkig is die 2 youngsters baie gesondheidsbewus so dit sal my net goed doen.

O ja, en darem die mother van alle storms oorleef Donderdag en Vrydag - kan nie glo dit was so erg nie, die skole was tot gesluit vrydag!  Lyk darem asof die son weer skyn die week, gaan nou klaarmaak en bietjie afstap stad toe.

Mooi Maandag en geniet die nuwe week!