Monday, September 16, 2019

Week 1 - done and dusted !!!

 

Hier is my adres, net in geval iemand wil kom kuier - of jul wonder of ek rerig hier is :)

Kan nie glo ek is al vandag 'n week hier nie, time flies when you having fun!

Ek kan darem nou al hier in die omgewing begin stap en kry weer my pad trug na die apartemento toe - n dag of 3 gelede moes ek nog op google maps na directions luister, want ek is mos ERG rigting be%^%&$&^.  En wat ek ook uitgefigure het, partykeer raak die 1 straatnaam 'n ander een - Borja verduidelik dit is omdat daar, in die ou dae, tot op 'n punt gebou is en hul toe straatname gegee het.  'n Paar jaar later het daar toe nog dele ontwikkel en die paaie is langer gemaak - en toe besluit iemand slim om dit dan 'n nuwe naam te gee, can you believe it !!!  Maar nou maak dit vir my sin hoekom my straat se naam halfpad na iets anders  verander!  En die straatname sit ook bo teen mure, soms glad nie sigbaar nie.  Ek se net BAIE dankie vir my vriend google maps en dat sy so mooi met my praat en se hoe om te stap :)

Begin more met spaanse lesse, 2 x week.  Glo ek sal vlot spaans kan praat teen einde van die jaar!  Kan darem myself so soort van help in winkels as mense praat.  Darem al 'n spaanse series op netflix ook gekyk - al moes ek meestal die onderskrifte gelees het.  En kon darem nou die dag vir die cleaner hier ook se dat ek nie spaans kan praat nie, haar naam is Birginia (spaanse se nie V nie) en sy kom van Bulgary.  Baie bly dat sy hier is om die groot besige apartemento skoon te maak, ek sou lank al tou opgegooi het, want hier staan nog goed van 1970 af dink ek!

Het laas week ook met pilates begin - darem in engels, anders het ek nou nog op daai mat gele!  baie nice girl en gaan van die week af 2 x week vir klasse gaan.  Daniella het laas week saam gegaan vir moral support, maar woensdag sal ek dit op my eie aanpak.

Naweek was lekker rustig, ons het Saterdag stad toe gestap en lunch by GoGreen gehad, gelukkig is die 2 youngsters baie gesondheidsbewus so dit sal my net goed doen.

O ja, en darem die mother van alle storms oorleef Donderdag en Vrydag - kan nie glo dit was so erg nie, die skole was tot gesluit vrydag!  Lyk darem asof die son weer skyn die week, gaan nou klaarmaak en bietjie afstap stad toe.

Mooi Maandag en geniet die nuwe week!











5 comments:

  1. Fantasties! Dit was lekker om te lees - ek is baie trots op jou! Geniet die pilates en klasse!
    Val

    ReplyDelete
  2. Ai ou Elnatjie jy is n yster daar in die vreemd en ook bekende. Ons almal het laas jaar Sept. iets daar gelos. Baie km geloop en beleef.

    ReplyDelete
  3. Hi jy is amazing met pilates x wat eet jy elke dag daar
    Is wyn lekker

    ReplyDelete
  4. Dis so lekker om te lees en eks opgewonde vir jou adventure! Good for you met die Spaans lesse! Ek't Frans geleer ('n bietjie) en nou leer ek Lux! It's lekker to be able to have a little chat with locals and makes it feel as though you are integrating. Geniet dit!
    Lx

    ReplyDelete
  5. Hi Elna, Bly dit gaan goed met jou daar in Spanje! Een van die dae is jy tuis soos vis in water. Stuur bietjie fotos ook of mis ek dit nou hier iewers☺️

    ReplyDelete