Wednesday, October 2, 2019

Wat 'n WEEK !!!!


En hier sit ek alweer, nog 'n week verby in Espana.  So baie goed het gebeur van vorige post, weet nie waar om te begin nie - laat ek maar by die begin beginne 😄

Ek is nou 'n Maestra de Ingles (english "teacher") wat 5 adults en 3 kinders engels leer, alles baie skielik gebeur. Obviously impress ek die mense, want as ek hulle die eerste keer ontmoet en bietjie praat se ek dat hulle moet confirm of die tyd en als van klas reg is, dan hoor ek wragtag weer van hul !!!  Die 3 kinders is baie oulik en neem al 'n paar jaar engels, so dis lekker om met hul te werk (die twee seuns is 10 en 12 en die sussie 13) pa en ma albei dokters en hul bly in so fancy apartment so 1km van my af - was vandag vir tweede les by hulle, so glo darem ek het die job daar. Die adults is 'n girl (Sonia) wat 29 is en besig is met haar honneurs in some business management iets, engels nie te hot nie maar glo sy sal vlot praat as ek met haar klaar is - sy kom 2 x week na my toe.  Dan is daar nog 2 (Irina en Albarro) waar ek vanoggend was, nogals met Metro soontoe gery vir eerste keer ooit hier, dis so 4 stoppe af - natuurlik eers na 'n tydjie besef ek is besig om in verkeerde rigting te ry!!!! Vra toe so mooi outjie of hy weet of die trein stop by daai stasie waantoe ek moet gaan, toe is hy ook natuurlik 'n foreigner en het nie 'n clue nie.  Ry toe maar weer trug na waar ek begin het en toe wys iemand anders vir my die regte koers om in te slaan - hopelik onthou ek dit nog volgende week! Het darem betyds by hulle uitgekom en hul het ook les 1 oorleef, ek het netnou huiswerk gestuur en hul se hul sien my weer volgende woensdag - so far so good.  Dan het ek nog Vrydagmiddag vir Raquel en Pedro - hul het so 'n tipe workshop / gallery wat pottery en ander kuns goed doen, lyk ook albei baie nice en wil meer engels leer.  Wel so nou het ek darem iets wat my uit die kwaad uit hou en hopelik is daar later nog 'n paar spanjaarde hier wat kan engels praat!

Donderdagaand was ek saam met 5 girls van Ruzufa Dinner Club by La Consentida vir drinks en tapas. Dit kos maar 1.50 euro vir 'n snack en 1.50 euro vir 'n glas wyn - MAAR die wyn is seker so 150 ml, nie 'n druppel meer nie !!! En die snacks is ook so bietjie groter as bite size. En almal net 1 glas gedrink, so was nie duur outing nie.  Oulike girls, almal onder 30 en bly darem al 'n bietjie langer hier, maar ons almal praat engels en dit gaan te lekker! Almal het natuurlik spaanse boyfriends (dink net die 1 girl is getroud) en wil net weet waar is my boyfriend - vir hul gese moet net bietjie kans gee, eers my klasse uitsort dan die love life ♡♡

Vrydagaand se outing met Over 40s Ladies was egter 'n disaster, want 1 of ander blixem het mos besluit om my beursie baie mooi saggies uit my handsak te steel!!!!  Ek en Laura (die ander amerikaanse vriendin) het met bus stad toe gery, want was moeg en sy was by strand die dag en baie warm.  Maar so halfpad af het hul al die busse gestop en moes ons stap, want die paaie was toegemaak, dink dit was daai Global Earth ietsie - hier was BAIE mense.  So stap ons 2 toe en by die plek gekom, gaan sit en toe ek glas wyn wou gaan koop, kry ek nerens my beursie nie !!!! En ek het nog vir ons bus betaal, so dit moes gebeur het terwyl ons gestap het.  En om een of ander rede het ek NIE my klein "uitgaan" beursie gevat nie - vat dit gewoonlik met net genoeg geld in - maar sommer die hele beursie met 80 euro kontant en bank kaarte en driver's licence !!!  Nou is dit ek en FNB want ek kon gelukkig dadelik op die banking app my kaarte kanselleer en niemand het dit gebruik nie, maar nou se hulle dit kan 7 - 14 dae vat om dit by my te kry, en dit nogals met die courier wat my ook R600 kos !!!  Ek het vir die vrou verduidelik dat ek huur moet betaal en die spaanse skool en natuurlik bietjie moet eet en drink ook, en pilates! Daar moet tog 'n manier wees om die kaarte vinniger by my te kry, ek glo Noag se ark sou dit gouer kon bring !!!!  'n Skoolpel wat hogerig in FNB is gaan more probeer help / knoppe druk - hou asb duimvas want dis niks lekker om so te sit nie, ek darem baie gewoond geraak aan elke dag se swipe !!!!

Die vrouens wat die aand daar was was ook almal baie nice en van all over, maar ek was toe in effe k@k mood en nie geld gehad vir kos of wyn nie, net gesit en luister. Baie goed vir die figure!

Saterdag vroeg (?), dis nou so 10 uur, is ek toe polisie toe - hier is die setup so bietjie anders as by die huis.  Groot gebou en met my spaans verduidelik ek toe vir die mannetjie dat my beursie vorige aand gesteel is en ek saaknommer moet kry.  Het 'n tydjie gewag vir nog 'n offisier om my te help, want eintlik moes ek eers die Call Centre bel en dan gee hul 'n nommer en moet ek dit weer trugvat, maar hul is toe oor 'n naweek. Ek wag toe maar en toe hy my paspoort sien vertel hy dat hy laasjaar in SA was met vakansie en in kaap en kruger park en durban was en paar woorde geleer het - dit is toe "sawubona" - nou ek was baie impressed natuurlik want hy help my toe eers baie fluks.

Gelukkig het ek nog 4 euro in my klein beursie gehad (busgeld) wat toe Saterdag baie handig te pas kom en kon ek 'n radler by die Irish Pub drink en die rugby kyk.  Net 'n ander ou en ek was al van SA daar, dink die spul spanjaarde (weet nie wat hulle daar gesoek het nie!) het gedog ek is mal soos ek gecheer het.  Die 1 ou darem congratulations gese toe ek loop so hul weet seker van waar ek kom.

Saterdagdag middag het ek sit en lesplanne uitwerk vir die week - can you believe it!!!!  Dit is seker maar goed wat mense doen wat nie geld het nie - nie dat ek gewoonlik geld het nie, maar mens voel net beter as jy weet jy kan erens iets gaan doen.  En toe is dit natuurlik net mooi die naweek wat "my" 2 spaanse kinders vir die naweek in Barcelona gaan kuier het, so ek het rerig niemand anders gehad wat kon help nie - Lori (die eerste amerikaner) het aangebied, maar ek het te k@k gevoel en elk geval niks nodig gehad nie, gelukkig het ek altyd yoghurt en ryvitas en tuna hier, het niks meer nodig nie.

Was Sondag ook net rustig en ontdek toe vir Cable Girls op netflix - het omtrent gebinge Sondag en nou is ek al op Season 3!!!!

So ver gaan hierdie week goed, my landlady is saam met haar ma en pa (wat 91 en 93 is) na hul huis in die mountains toe.  Ek leer spaans en gee engels en kon darem gister weer by Malvarossa Beach stop want dit was 34 grade.

Nou eers tyd vir spaanse huiswerk en dan moet ek bietjie Cable.

En ek is seker daarvan iemand moet iets kan comment, dit kan nie so moeilik wees nie - ASB !!!!

 Irina en Alvaro

 skoon spaanse trein

  "my" stasie


  bietjie vitamine D by die see


 oppad spaans toe

 op pad om my beursie vir 'n gypsey te gee :(




































.

7 comments:

  1. Glad to hear things are working out. Love reading your stories.

    ReplyDelete
  2. Jy is omtrent high highs en low lows gehad laas week! Maar jy het kop bo water gehou en is deur dit! Dankie vir dié lekker nuus, ek gaan nou ook Cable Girls xxx

    ReplyDelete
  3. Sterkte met die dokumentasie en wag vir die kaart -
    Jy pas mooi in en aan - geniet dit 🤣CVR

    ReplyDelete
  4. Nou het ek darem lekker gelees!! Sterkte en geniet dit!!

    ReplyDelete
  5. Geniet ook om jou blogs te lees. Alles klink vreeslik lekker en opwindend. Dit klink regtig of jy goed in pas orals. Wag in spanning vir die volgende blog.

    ReplyDelete
  6. Ek is baie beïndruk met jou skryftalent...alles deel van die nuwe lewe as onderwyseres/tutor. Hopelik kan jou vriend jou kaart bespoedig. Môre is naweek, dan kan jy weer jou batterye herlaai. Ek neem aan die volgende wedstryd word by Irish pub gekyk...geniet dit.

    ReplyDelete
  7. Kyk Poldark en Younger op Netflix

    Ek was ook mal oor Cable girls

    ReplyDelete