Saturday, November 9, 2019

2 meses de Valencia ♡


Hello almal

Kan nie glo dis al 2 maande wat ek hier is nie, voel of ek al maande hier is - beslis nie of ek net hier is vir "vakansie / op 'n sabatical" nie.  Hopelik is dit 'n teken dat ek hier gaan wees vir BAIE lank !!!!

Ek het nou eers my 5 km stap in Turia (baie mooi park wat in die ou tyd 'n rivier was en om stad gaan) gehad, en dit op 'n Saterdagoggend !!!  Valencia is beslis goed vir my gesondheid, stap baie en drink baie min - en nou jok ek nie !!!!  En dit pla my glad nie, hopelik is ek nou in die gesonde fase van my lewe ☺

Dit voel nogals weird om nou weer 'n "gewone" naweek te - elke naweek uitgesien na rugby. En het ons nie lekka by die finals gekuier nie, dit was rerig 'n dag om te onthou.  Toe ek half 10 by die irish pub aankom, was dit al gepak.  Ons het toe maar gestaan en in hele game omtrent nerens beweeg nie, want dan is jy jou plek kwyt.  In die begin het ek maar probeer om nie te excited te raak nie, want ons was seker 15 suid-afrikaners en 100de engelse - gelukkig het hulle al stiller geraak en toe kon ons klomp maar skreeu, was baie lekker feeling gewees. Na die rugby het ons natuurlik vreeslik fotos geneem en tekere gegaan, later is Shirley en ek en Anastacia af stad toe en het gaan tapas eet. Daarna na 'n boat show onder in die hawe. Ons het natuurlik nog soos regte springbok supporters gelyk en mense het omtrent gecomment oor ons wen en fotos geneem, soos regte celebs gevoel 😃 Die aand het ons by 'n ander plek gaan eet en toe ek laataand hier voor flat stap, het so 'n spaanse omie in baie gebroke engels nog "congratulations" gese.

Dinsdagaand was ek by Sylvia se 60ste, het ook eers hier gesit en wonder of ek moet gaan - jul wat my ken weet ek hou nie van in week uitgaan nie.  Wel ek is toe soontoe en het ons lekka gekuier in die mexican restaurant, die waiter kon nie voorbly met die jugs margaritas nie! Het baie nice mense ontmoet, half 1 die nag het ons nog met die verlamde girl tot by haar flat gestap en ek het op 'n manier weer by my blyplek uitgekom, gelukkig hoef ek nie vroeg woensdag op te gestaan het nie!

Gisteraand het 'n paar van ons na "Hotel Havana" show gaan kyk, dis 'n cuban groep wat hier toer en so soort van cirque de soleil waar hul sing en dans en in lug rond swaai.  Almal is natuurlik baie sexy en swaai hul lywe - ek het net so nou en dan 'n P laat val toe hul in lug tekere gaan - en sonder 'n veiligheidsnet!!!!

Vanaand gaan ons spaanse klas weer vir ons maandelikse kuier, gelukkig is die restaurant hier in Ruzufa so ek hoef nie bus te probeer uitfigure nie.  Ek het Woensdag na 'n nuwe student gegaan en dis in 'n area waar ek nog nooit was nie, ook direk na die ander kinders se lesse, so besluit om taxi soontoe te vat.  Daar aangekom is dit toe sulke groot blokke wat my aan 'n tipe parow park (duiwehokke in die 80's) laat dink. Het probeer vra of iemand weet waar dit is, maar niks nie.  Toe vir die man 'n boodskap gestuur en gese ek wag voor blok, hy my gevra om foto te stuur waar ek is en toe kom sy pa vir my haal.  Was baie impressed met die ou spaanse omie, want hy kan sowaar 'n paar engelse woorde praat. Die sussie van 8 het seker nog nooit van engels gehoor nie, dalk nog 'n kandidaat vir my!

Dis nou vir eers al van my, gaan nou bietjie siesta (dink dis hoekom ek so lekka hier aanpas!) en dan engelse lesse vir week doen en dan regmaak vir vanaand.

Alles wat mooi is in sunny SA en sien jul oor 'n maand!





































3 comments:

  1. Ek is up to date (hourly/daily) met al jou movements, maar nog altyd Lekker om te lees! Mooi so, hou so aan - trots op jou!

    ReplyDelete
  2. Jy is soooo lucky met die rugby celebrations daar. Hier was dit heelwat anders. Die plek weet nie van rugby nie, en daai Engelse mense het nog steeds 'n dik lip! Juslaaik, ma hulle kan sulk like no ones business!! :D

    ReplyDelete