Wednesday, September 25, 2019

Nog 'n week verby !!!!


En so is ek al meer as 2 weke 'n Valenciana - voel of ek al baie lank hier bly - tot die mense begin praat en ek nie 'n clue het wat hulle se nie!!! Die spaanse klasse vorder goed, gister het daar 'n nuwe couple van Australia bygekom, maar die 2 russe was missing in action. Gelukkig is Chris van down under meer clued up as Neal van USSR - en hulle kan frans ook praat, so klink of dit dan bietjie help met die spaans. Maria (ons meastra) is ook baie nice en sy kry dit reg om my vir 2 ure besig te hou, maar teen einde raak dit nogal lank.  En dan kry ons huiswerk ook!!! Party van die goed kry darem gelukkig vatplek in my brein, maar ander (soos om te tel van 10 tot 20!) wil net nie vassit nie :(  maar ek glo dit gaan met tyd regkom. Ek praat darem al met mense in die winkels en die bus driver en met my landlady - nie seker of hul weet wat ek probeer se nie, maar dit lyk darem so.

Ons het toe Saterdag die rugby gaan kyk by St Patricks - Irish Pub hier onder in stad.  Dit was taamlik gepak, maar dink ons was net 5 bokke supporters - het maar baie low profile gehou, maar darem gecheer en geskree waar ek moes.  Hopelik is die volgende game beter !!!

Die weer is ook baie lekker nog, was gister 34 en dis hoekom ek toe moes strand toe na klas. Jul sien mos die fotos op FB - sal 'n paar hier onder ook bysit. Kan my le en verkyk aan die mense daar - dis alle shapes en sizes en nasies - en niemand voel 'n veer hoe hulle lyk nie.  Kan net nie heeltemal verstaan hoekom party van die vrouens topless tan nie - as hul mooi boobs het dalk, maar die meerderheid s'n hang baie naby aan hul naeltjies of is non existant.  Die water is lekker warm so elke nou en dan skraap ek my moed bymekaar en gaan koel af, gelukkig ken g'n mens my hier nie !!!

Het nog 'n vriendin gemaak - Laura van USA. Smaak my ek het trek daai nasie aan. Sy en haar man bly al van begin van jaar af hier, sy was meer as 30 jaar onderwyseres maar se hulle is weg want dit het te gevaarlik geraak daar, hul het in New Jersey gebly - sy se sy het baie van haar werk gehou, maar teen die einde was almal se familielid dood of 'n drug addict of iemand geskiet, baie traumaties. En Lori (my ander amerikaanse amiga) hul is ook weg uit amerika uit, want haar dogter was weer in dieselfde skool waar 'n 6 jarige dogtertjie 'n paar jaar gelede geskiet is.  En hul almal is baie happy hier en voel veilig.

Vrydagaand was ek by 'n dansklas wat 'n britse mannetjie gegee het, ek het meer gegaan om te kyk of nog mense kan ontmoet, maar in daai klas van 10 was ek die oudste, meeste was in hul 20's. En die meerderheid het dans ondervinding - veral Miss Belaruz wat heel voor gedans het en baie amper die klas oorgevat het !!! Die studio is lekker naby aan die huis, maar ek dink ek sal maar eerder by pilates bly.

Ek moet se ek geniet regtig die leefstyl hier - die mense begin eers na 9 soggens beweeg, maar my landlady slaap tot na 10 - moet darem se sy nog tot na 12 saans wakker, dan het ek al my 2de slaapsessie in!  Dit lyk ook of almal baie meer familievas is, veral naweke is dit gesinne wat rondloop / saam goed doen en mens sien baie couples, nie soos by die huis waar die meestal 'n spul vrouens is wat alleen gaan shop of lunch nie. En soggens sien mens baie pa's wat met die kinders skool toe stap, laat middag weer die oumas wat hul by skool gaan haal.

Ek het 'n goeie feeling dat ek hierdie week 'n paar engelse lesse gaan kry - sien vanmiddag 4 uur 2 girls wat op universiteit / kollege is en vanaand 'n vrou wat Daniella gereel het wat iemand soek vir haar doger van 12 en vrydag ook 2 adults hier naby wat wil leer engels praat.  Hou maar asb al jul duime vas !!!! Behoort aan 'n site waar mens ook adverteer en maak met baie mense kontak, maar dit lyk nie of die spanjaarde van "reply" verstaan nie!  Ek glo die jobbies sal deurkom.

Gaan moreaand saam met 'n paar vrouens uit eet - 9 uur !!!!  Dis so 'n expat Ladies Dinner Club wat ek aan behoort, darem nie ver van flat af nie en dalk is daar iemand nice, Vrydag aand is dit weer iets anders en ons gaan ook vir drinks erens.

Hoop jul geniet die blog en, as jul comments maak, skryf asb jul naam by. Adios amigos XXX


Spaanse polisie op strand.




Drinks by Convent Carmen





Mooi geboue en so 'n museum - en my spaanse familia - die voorste 2 :)



Omies sit en speel iets






Ingang na apartemento, bly op 2de vloer.






3 comments:

  1. Hola mi amiga. Muy interesante. ¡ buena suerte para tus entrevistas! Un beso
    VC x

    ReplyDelete
  2. Looks like you are really settling in! I remember when we first moved to Lux, it is so exciting finding your feet, finding friends and activities! At least you have a beach! :) I am definitely looking for an Irish pub for the rugby next time! Love the pics! Have fun. LGx

    ReplyDelete
  3. Lekker dit gaan al elke week beter. Spanje is awesome en mens hoor nooit van vreeslike gevaarlike goed nie. Miskien moet ons maar almal soontoe trek en klein SA daar maak 🤣CVR

    ReplyDelete