Wednesday, October 23, 2019

Time flies when you having fun !!!!


Kan nie glo ek het 2 weke laas iets geskryf nie, nee jinne ek sal my gat in rat moet kry!!!

Hier het darem nie te veel gebeur nie so dit sal gou vat om op te vang 😊

Is net die laaste week of so DRUK besig om my visa te probeer uitsort, maar na baie heen en weer lyk dit of ek sal moet huis toe kom om nuwe visa te kry, 'n toeriste visa kan nie verleng word nie  😢 En elk geval, om die kaartjie te verander sou net soveel soos 'n nuwe kaartjie gekos het - al het die girlkie by Flight Centre my verseker dit kos net 100 dollar om te verander.  Ek het Maandag 'n email van hulle gekry om te se dat die tyd wat ek vlieg verander het, ek se toe vir haar dankie, maar sy moet sommer kyk om die vlug te verander na 20 Desember.  Laat weet toe daar is 'n vlug en dit sal R8800 kos om te verander - ek het amper 'n klontjie gekry!!!! Se toe vir haar dis onmoontlik, hul het gese dit sal 100 dollars wees, maar sy se net dit sluit dan al die airport taxes en al daai k@k in so dit is hoeveel dit is.  Hoef seker nie te se dat ek nou wel op 3 Desember gaan vlieg nie .....

Gaan nou vir 'n study visa aansoek doen, dis darem vir ses maande en as ek brief van spaanse skool kry en my host waar ek bly sal dit hopelik help.

En was BAIE bly laaaaas Dinsdag toe DHL my bankkaarte kom aflewer, nou mag ek weer shop!

In die week is dit maar stil hier en al soort van in 'n roetine met spaanse klasse en pilates en engelse lesse, saans Netflix ek - kyk darem nou al na die series in spaans (darem met engelse subtitles).  En luister na spaanse radio, so begin darem al 'n paar woorde herken.  Het so Babbel app ook afgelaai en dit help nogals baie, ek glo ek sal voor einde van 2020 vlot in spaans wees 😄

Die naweek was ook lekker, ek het Saterdagaand vir my 2 spaanse kinners oxtail gemaak - compliments aan Christene, dit het baie lekka uitgekom.  Sy het vir my fotos van die resep gestuur en ek het lysie gemaak (met spaanse name by natuurlik) en het gaan shop, kon gelukkig meeste goed by die een winkel kry.  Maria Jose kon nie saam eet nie nie, want hul het 'n ander party aangehad, maar sy en haar dogter het Sondag van dit geeet en was baie impressed.  Volgende het ek gese sal ek bobotie maak - sal weer met woordeboek moet sit eers, maar Daniella eintlik meer lus vir tamatiebredie, so dalk gaan dit volgende wees.  Die weer raak ook nou reg vir sulke lekka winterskos, gister het dit seker heeldag gereen, vandag lyk dit nog grou maar nie nat nie en mens kan voel dit raak kouer ook.

O ja, Sondag het dit ook gereen maar darem nie te hard nie en ek het afgesit na Irish Pub vir rugby.  Gaan sit so ewe mooi langs die bar en skielik hoor ek iemand afrikaans praat, was dit nou 'n lekka feeling !!!!! Dis toe paar boere van Oos-Kaap wat hier is vir 'n sitrus konferensie in Madrid en net 2 dae hier gebly het.  En toe is daar nog 'n ander oulike vrou, sy kom in met 'n Springbok hemp aan en ek het sommer dadelik van haar gehou.  Sy werk by MSC Shipping en is al van 2005 af hier.  So my vriendekring brei mooi uit. O ja, die bar girl ook van Kaap, het saam met Damian de A skoolgegaan.  Sondag sal ons seker weer daar gaan sit, dalk maak ek nog vriende 😄

Nou ja, dis eers al vir nou, tyd vir spaanse huiswerk en vir aandete is dit 'n take-away paella van El Rubio, so lekka kosplek hier naby.  Op 'n Woensdag is dit net 2.75 euro vir 'n porsie en dis oorgenoeg vir my.

  winkels is reg vir Xmas






  My nuwe vriendin Shelley
   my spaans kom aan!













1 comment: